Eskom moet totale herstrukturering ondergaan – De Ruyter

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, sê ‘n totale herstrukturering van die nutsmaatskappy is nodig vir die instelling om te oorleef. De Ruyter het via Zoom vanaf ‘n onbekende plek op die Franschhoekse Literêre Fees in die Wes-Kaap ook gesê die  rivaatsektor moet betrokke raak om te help met die oplos van die kragkrisis. Hy sê die atmosfeer in Suid-Afrika is op die oomblik “gespanne” en dit is hoekom hy besluit het om sy gesin met vakansie te neem na ‘n plek waar hulle nie herken kan word nie.