Eskom maan oor beurtkrag
Eskom maan die publiek weens die voorgesette tekort aan opwekkings-vermoë sal die kragstelsel vanaand erg onder druk wees. Indien eenhede buite werking sou raak, kan beurtkrag op kort kennisgewing ingestel word tydens die aand-spitstyd tussen vyf-uur en tien-uur. Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Matshantsha, sê die kragstelsel word voortdurend fyn dopgehou, aanpassings word gemaak en enige nodige veranderings sal deurgegee word.