Eskom luister nie na werkers se eise nie

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê Eskom moet na die onderhandelingstafel terugkeer met ‘n eerlike aanbod wat die eise van die werkers aanspreek. Numsa, Solidariteit en die Nasionale Unie van Mynwerkers het gister die kragverskaffer se hersiene loonaanbod van 4,5 persent gedurende die begin van die derde en finale ronde van die onderhandelings verwerp. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het hul eis van 15- na 12-persent verminder, maar Eskom is steeds onverbiddelik: