Eskom-hoof sê fase agt is hoogs waarskynlik die winter

Eskom se waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, sê die waarskynlikheid van fase agt-beurtkrag is hierdie winter baie groot indien ingrypings wat vir die seisoen beplan word nie die gewenste uitwerking het nie. Cassim het Suid-Afrikaners op hoogte gebring oor die stand van die netwerk en die vooruitsig vir die wintermaande. Die kragvoorsiener het drieduisend megawatt te min in vergelyking met verlede winter weens stukkende eenhede by die Kusile- en die Koeberg-kragstasie. Cassim sê beurtkrag word ingestel om ‘n algehele ineenstorting te vermy: