‘Eskom-gemors lê voor ANC se deur’

Dinge het warm geraak tydens ‘n sitting van die staande komitee oor Openbare Rekeninge toe Eskom voor die komitee verskyn het. ‘n Raadslid, Busisiwe Mavuso, het aan Skoor se voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, gesê die ANC-geleide regering moet die skuld kry vir die fiasko by die sukkelende kragvoorsiener. Sy sê hulle sal as ‘n organisasie nie aanvaar of toestem dat die Eskom-raad of die uitvoerende hoof, André de Ruyter, die skuld kry vir die gemors wat Eskom tans ervaar nie. Beurtkrag is oor die naweek opgeskort.