Eskom gee twee hidro-elektriese kragstasies aan Uganda terug

Eskom sê hy beoog om sy hulpbronne te konsolideer en op Suid-Afrika te fokus ten einde sy krag-opwekkingsprestasie te verbeter en betroubare elektrisiteitsverskaffing te verseker. Hy gaan dus nie die konsessie van Eskom Uganda Beperk hernu, wat die bedryf en instandhouding van die Kiira- en Nalubaale-hidro-elektriese kragstasies vir 20 jaar oorgeneem het nie. Die raadsvoorsitter van Eskom Uganda  Beperk, Andrew Etzinger, sê hulle het die kragsentrales in ‘n beter toestand teruggee. Hulle het ook in opleiding en die  ontwikkeling van tegniese vaardighede belê, wat Uganda se kragsektor in geheel bevoordeel het.