Eskom gebruik minder diesel as in 2023
Eskom sê sy dieselverbruik is steeds onder die beraamde syfers vir die winter en dit is aansienlik laer as die afgelope twee jaar. ‘n Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kragnutsmaatskappy se besteding tussen 1 April en 11 Julie op oopsiklus-gasturbines was 3,33 miljard Suid-Afrikaanse rand, wat 487,16 gigawatt-ure opgewek het. Dit is sowat 70 persent minder as die 10,98 miljard rand wat in dieselfde tydperk verlede jaar spandeer is: