Eskom brei ladingsbeperking-projek regoor Gauteng uit
Eskom brei sy ladingsbeperking-projek in Gauteng uit om uitdagings met beurtkrag te omseil. Dit volg op ‘n suksesvolle loodsprojek in Fourways. Dit optimaliseer die gebruik van elektrisiteit in fases een tot vier beurtkrag. Die projek word in gebiede met slimmeters ingespan en beheer elektrisiteit op ʼn afstand. ʼn Woordvoerder van Eskom, Amanda Qithi, sê verbruikers sal ‘n uur voor beurtkrag boodskappe ontvang om verbruik te verminder, om te verseker noodsaaklike toestelle bly werk.