Eskom bou noodreserwes
Eskom sê hy gaan beurtkrag gedurende die dag opskort en in die die aand weer in werking stel. Beurtkrag sal van vyfuur soggens tot vieruur in die middag opgeskort word waarna fase twee tot vyfuur soggens in werking sal tree. Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing van krag wees. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hoewel die beskikbare opwekkingskapasiteit volhou word, moet noodreserwes vir die week aangevul word om verhoogde fases van beurtkrag te voorkom.