Eskom-bedrieërs kry 20 jaar agter tralies

Twee voormalige werknemers van Eskom is tot 20-jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog en korrupsie ten bedrae van 35 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die Handelsmisdaadhof in Palm Ridge het Mosai Barnard Moraka en Victor Vilosi Tshabalala albei skuldig bevind aan 53 aanklagte van bedrog en diefstal. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die twee is Dinsdag onmiddellik in aanhouding geplaas om hul vonnis te begin uitdien: