Esau se geluk weer gekelder, PG appelleer
Nes oudminister en Fishrot-beskuldigde Bernhardt Esau gedink het hy kry verligting het die aanklaer-generaal se kantoor kennis van appèl ingedien. Dit handel oor die vrystelling van van sy fondse om vir regsverteenwoordiging te betaal in ‘n Julie-beslissing deur regter Beatrix de Jager. Hy is ook ‘n kostebevel toegestaan en dit sou vandag bereken word. Sy regslui het kostes van 1,2 miljoen Namibiese dollar ingedien maar, die verhoor is van die rol verwyder met die kennisgewing om te appelleer deur Martha Imalwa se kantoor.