Esau se borgtog-aansoek weer uitegestel.
Die borgtog-aansoek van die voormalige Namibiese minister van visserye, Bernhard Esau, en een van sy mede-beskuldigdes in die Fishrot-skandaal, Nigel van Wyk, is uitgestel na die 24ste November. Regter David Munsu sal dan slotbetoë in die Windhoekse Hooggeregshof aanhoor. Die borgtog-aansoek het oorspronklik in Desember 2022 vir die eerste keer voorgekom, maar is op verskeie geleenthede uitgestel. Beide beskuldigdes het aangedui hulle sal onskuldig pleit op alle aanklagte teen hulle.