Esau is terug in die hof, soek steeds borg

Die Fishrot-beskuldigde en voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau se borgaansoek in die hoërhof duur voort vandag voor regter David Munsu. Hy en mede-beskuldigde Nigel van Wyk probeer steeds om borg te bekom. Dit is nie bekend hoe hy vir regsverteenwoordiging betaal nie. Hy het vroeër die maand, toe hy en sy makkers voor regter Kobus Miller in die hoofverhoor vlugtig verskyn het, geëis dat die staat vir sy regsverdediging betaal, en dat hy ‘n prokureur van sy keuse kan bekom. Hy meen hy is aangekla in verband met sy amptelike posisie as minister. Senior staatsaanklaer Cliff Lutibezi tree vir die staat in die borgaansoek, wat reeds maande duur, op.