ErongoRed vra steeds dat pensioenarisse registreer
ErongoRed gaan voort om met pensioenarisse en die algemene publiek te vergader, en is hierdie week in die binneland. Die doel van die vergaderings is om die tariefverhogings te bespreek en om begunstigdes wat kwalifiseer vir subsidies te registreer. Pensioenarisse en diegene wat die ongeskiktheidstoelaag ontvang moet verseker hulle is wel geregistreer. Die vergaderings is vandag op Omatjete en Okombahe, Woensdag op Omaruru, Donderdag op Otjimbingwe en Karibib, en Vrydag op Usakos.