Erongo sukkel met stygende misdaad – Andre
Namibië se goewerneurs lewer hulle streeksredes en vandag was Erongo-goewerneur Neville Andre aan die beurt. Hy het breedvoerig gepraat oor talle uitdagings en suksesse in sy streek, en ook misdaad uitgelig. Die streek sukkel nogal met dwelms maar, korrupsie het ook onder die loep gekom.
Andre het ook die toenemende misdade in die streek uitgelig.