Erongo se toerisme floreer weer, uiteindelik

Die Erongo-streek se toerisme-sektor floreer weer na groot uitdagings in 2020 en 2021. Die Namibiese kus was een van die gewildste vakansie-bestemmings tydens die feesseisoen en die streek het ‘n goeie ekonomiese inspuiting gekry, veral die kuslyn. Die besoeke van internasionale passasierskepe by Walvsibaai het ook ‘n hupstoot vir kusdorpe gegee. Die streekgoewerneur van Erongo, Neville Andre sê die toerisme-sektor kan voortbou en die ekonomie nog verder te laat groei.