Erongo Red vra pensioenarisse om aansoek te doen vir laer kragkostes

Erongo Red subsidieer tans pensioenarisse. Ten spyte van die verhoging in basiese krag-tariewe, sal pensioenarisse steeds voordele geniet soos gesubsidieerde tariewe en gratis installering van voorafbetaalde meters. Benjamin Nangombe, die skakelbeampte by Erongo Red, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die dokumente wat pensioenarisse moet saambring wanneer hulle vir die gesubsidieerde tariewe aansoek doen.