Erongo RED-vergaderings skuif na Walvis, Henties

Erongo RED sal volgende week met pensioenarisse en die algemene publiek op Walvisbaai en Hentiesbaai vergader. Dit is om tariefverhogings te bespreek en om begunstigdes wat kwalifiseer vir subsidies te registreer. Pensioenarisse en mense wat die ongeskiktheidstoelaag ontvang moet verseker hulle is wel geregistreer. Die vergaderings vind van Maandag tot Woensdag in Walvisbaai plaas en Donderdag op Hentiesbaai.