Erongo-polisie vra hulp om rowers van bejaarde egpaar aan te keer

Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op lede van die publiek aan die kus na ‘n rooftog vroeg vanoggend op Swakopmund. Die Erongo-polisie sê ‘n bejaarde egpaar, 87 en 83 jaar oud, is vanoggend vroeg, omstreeks vier-uur, op Swakopmund beroof. Vier mans het by hulle huis ingebreek. Die mag sê hy het nie berigte van beserings nie en die waarde van die goedere moet nog bepaal word. Inspekteur Ileni Shapumba het meer.