Erongo-polisie vergader vandag met sake-eienaars
Die polisie se Erongo-streekbevelvoerder nooi alle sjebien- en kroegeienaars, asook snoepie- en karwas-operateurs na ‘n vergadering vanmiddag om half-vyf. Die vergadering word by die Namsov-gemeenskapsaal in Kuisebmond, Walvisbaai gehou. Die doel van die vergadering is om misdaadverwante kwessies en voorkomende maatreëls te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gesels, wat verduidelik hoekom hulle sake-eienaars teiken.