Erongo-polisie sê Amushelelo word in nuwe slenter gebruik waar sake-eienaars gedreig word

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo se naam word gebruik in die jongste slenter om geld uit besigheidseienaars te maak. Volgens inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie word sake-eienaars geskakel en gedreig dat Amushelelo ‘n protes buite die besigheid sal reël, sou die eienaar nie ‘n betaling maak nie. Shapumba sê een eienaar is uit 20 000 Namibiese dollar bedrieg. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.