Erongo-polisie konfiskeer dagga, Mandrax
Die Erongo-polisie het nog ‘n groterige dwelmvonds gemaak, hierdie keer in Mondesa in Swakopmund. ‘n Geheime operasie Maandagmiddag het gelei tot die inhegtenisname van ‘n 23-jarige Namibiese man en 30-jarige Namibiese vrou by ‘n huis in Stephanus Shipangastraat. Die polisie het beslag gelê op 1,523kg skunk dagga en 99 Mandrax tablette ter waarde van 88 030 Namibiese dollar. Die verdagtes is aangekla van handeldryf in dagga en Mandrax, alternatiewelik besit van dagga en Mandrax. Later dieselfde middag het die polisie toegeslaan by ‘n huis in Obandja Ushonastraat en 24 gram skunk dagga ter waarde van 1 200 dollar gekonfiskeer. ‘n 30-jarige Namibiese man is gearresteer vir besit van dagga.