Erongo-ontsoutingsaanleg se kapasiteit vergroot

Die Erongo-ontsoutingsaanleg, wat deur Orano Mining Company bedryf word, is geskeduleer vir opgraderings om sy kapasiteit en volhoubaarheid te verbeter. Orano Mining se uitvoerende voorsitter, Hilifa Mbako, sê die opgraderings sal die byvoeging van ‘n vertikale ultrafiltrasie-eenheid insluit, wat die totaal op 12 eenhede te staan sal bring. Nog ‘n tru-osmose-eenheid is ook geskeduleer om volgende jaar geïnstalleer te word. Die opgraderings sal die aanleg se jaarlikse kapasiteit van die huidige 20 miljoen kubieke meter onmiddellik tot 25 miljoen kubieke meter versterk.