Erongo is gereed vir vakansiegangers

Veiligheid en sekuriteit is die nommer-een prioriteit van die Erongo-polisiemag in Swakopmund en Walvisbaai, veral tydens die feestyd. Namibiërs en buitelandse vakansiegangers stroom almal na die streek, met sommige mense wat by die see gaan afkoel, terwyl ander na die pragtige woestyn gaan kyk. Kosmos 94.1 Nuus het met die goewerneur van die streek, Neville Andre, gesels oor hoe hul voorbereidings ten opsigte van die veiligheid van die besoekers verloop.