Erongo in die sop by staande komitee

Swak bywoning van ‘n openbare verhoor oor jeugwerkloosheid in Swakopmund het die voorsitter van die parlementêre staande komitee oor menslike hulpbronne warm onder die kraag. Nono Katjingisiua sê die uitnodiging is met die Erongo-streekraad gedeel om die inligting verder aan die publiek te versprei, maar sy meen dit is nie gedoen nie. Die komitee is in verskeie streke, insluitend Erongo, om die publiek en ander belanghebbendes te raadpleeg oor die mosie oor jeugwerkloosheid wat deur LP Inna Hengari in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is. Slegs enkele werknemers van die streekraad het die geleentheid bygewoon.