Erongo-goewerneur vra vir uitbreiding van dienste

Erongo-goewerneur Neville André doen ‘n beroep op die drie herverkose burgemeesters van die kusdorpe Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai om hul dienste aan inwoners uit te brei, in afwagting van hoë landelik-stedelike migrasie vanjaar. André sê landelik-stedelike migrasie plaas plaaslike owerhede onder druk en maak dit moeilik om te voldoen aan die toenemende eise vir basiese dienste. Volgens André is dit nog altyd die meeste plattelandse jeug se droom om na dorpe te verhuis op soek na werk en ander ekonomiese geleenthede in die hoop om ‘n beter lewe te lei.