Erongo-goewerneur kry Beste Afrika-goewerneur toekenning
Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre, het die Beste Afrika-goewerneur-toekenning by die negende African Business Leadership Awards in Londen ontvang. Die toekennings word georganiseer deur African Leadership Magazine, ‘n Pan-Afrikaanse mediaplatform wat die beste van Afrika aan ‘n globale gehoor ten toon stel. Die toekennings vereer uitsonderlike sakeleiers, beleidmakers en organisasies vir hul beduidende bydraes tot Afrika se sosio-ekonomiese ontwikkeling. Andre het op ‘n perskonferensie in Swakopmund gesê die toekenning getuig van hoe ver ons gekom het en die mylpale wat ons in ons leeftyd kan bereik.