Ernstige voedselkrisis in Burkina Faso
‘n Humanitêre organisasie, die Internasionale Reddingskomitee, waarsku dat ‘n ernstige voedselkrisis in Burkina Faso ontstaan het. Die organisasie sê meer as twee miljoen mense ly honger, terwyl die syfer na verwagting teen September tot drie miljoen kan styg. Meer as 800 000 mense in dié land het beperkte toegang tot basiese behoeftes, met 26 stede wat in effek onder beleg is weens insypeling deur lede van die Islamitiese Staat-groep.