Ernstige bewerings teen Vrystaatse premier

Die DA het ‘n beëdigde verklaring by die Valke ingedien waarin ernstige bewerings van korrupsie teen die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoa-Mathae, uiteengesit word. Die party se provinsiale leier, Roy Jankielsohn, het onthul dat WhatsApp-boodskappe van New Beginnings se uitvoerende hoof, Patrick Phuti, die premier, haar man en ander amptenare betrek. Hy sê dit handel onder meer oor die wanaanwending van openbare geld, betalings vir ANC-geleenthede en ongerymde padprojektransaksies: