Ernie Els wen op Kampioene-toer in Amerika
Gholf: Die Suid-Afrikaanse legende Ernie Els het die Principal Charity Classic in Iowa ingepalm vir die vierde PGA-Kampioene-toer-oorwinning van sy loopbaan. Hy het op die Wakonda-klub klaargemaak met ‘n sewe-onder 65 en die verdedigende kampioen, Stephen Ames, met twee houe geklop. Dit is Els se eerste oorwinning sedert Maart verlede jaar. Hy sê dit is baie spesiaal omdat hy lank daarvoor moes wag. Bernard Langer was gesamentlik derde in sy vierde toernooi sedert sy haksening besering. Die 66-jarige Duitse ster is die voorloper met PGA Kampioene-toer-oorwinnings met 46.