Eritrea skop Ethiopian Airlines uit
Eritrese owerhede het alle vlugte deur Ethiopian Airlines na sy lugruim vanaf 30 September opgeskort. In ‘n brief beskuldig die land se lugvaartowerheid Ethiopian van “konsekwente en aanhoudende kwaadwillige handelspraktyke en sistemiese en georganiseerde bagasiediefstal, langdurige vertragings en verlies sonder vergoeding, tesame met ongeregverdigde prysstygings en ander onreëlmatighede”. Ethiopian Airlines het bevestig dat hulle ‘n kennisgewing van die Eritrese amptenare ontvang het en sê hulle is toegewyd om enige kwessies vriendskaplik en stiptelik op te los.