Erindi slaag met interdik teen mynwese op reservaat
Paul Joubert van Erindi Ranch het in sy ‘n dringende aansoek in die hoërhof voor regter Hannelie Prinsloo geslaag. Regter Prinsloo het die interdik teen die toekenning van ‘n eksklusiewe eksplorasie-lisensie op die privaat wildreservaat toegestaan. Die gebied is naby sy gewilde Camp Elephant en in sy stukke maak hy melding van die sensitiwiteit van die ekostelsel. Sy uitgebreide eis voor die hof bevraagteken ook die wettigheid van die omgewingsklaring-sterifikaat wat die lisensiehouer, Lahia Ndinelago Junias, ontvang het. Hy sê hy is nie geken in die konsultasieproses nie. Die saak is tot 3 Oktober uitgestel vir voorverhoor verrigtinge. Respondente in die saak sluit in die ministeries van die omgewing en die van myne, Junias, die regering en meer.