‘Eric the Eel’ verander lewens
Eric Moussambani, ook bekend as ‘Eric the Eel’ van Ekwatoriaal-Guinee, het alleen deelgeneem aan die 100m-vryslag-byeenkoms by die Sydney 2000 Olimpiese Spele.
Die uitdun-rondte het met twee ander mededingers begin; een van Niger en die ander van Tadjikistan, maar hulle twee kon nie die 100m voltooi nie en is gediskwalifiseer. Eric het nog nie voorheen ‘n volle lengte van ‘n 50m-swembad voltooi nie, maar hy het in elk geval ingeduik.
Dit het gelyk of hy nie die afstand gaan klaar maak nie en sou hy aan een van die toue raak, sou hy automaties gediskwalifiseer word. Eric voltooi dit toe in 1:52.72, die stadigste tyd in die Olimpiese geskiedenis.
Hoekom was Eric daar? Die Internasionale Olimpiese Kommittee (IOK) se “wild card-inisiatief” was daarop gemik om sport in ontwikkelende lande soos Ekwatoriaal-Guinee ‘n hupstoot te gee. Eric het die oproep vir swemmers oor die radio gehoor, en aangesien hy die enigste een was wat opgedaag het, het hy die span gehaal! Die enigste probleem was, Eric kon nie swem nie.
So ‘n paar maande voor die spele het Eric sy opleiding begin, deels met die hulp van ‘n visserman in ‘n meer. Hy het ook toegang tot ‘n 12m-lange hotelswembad vir tot 1 uur gekry, drie keer per week. Ekwatoriaal-Guinee het geen 50m swembaddens gehad nie.
Toe Eric in Sydney opgedaag het en vir die eerste keer in ‘n 50m-swembad geswem het, kon hy nie minder voorbereid gewees het nie. Die blou Speedo waarin hy geswem het, is net voor sy swem deur die Suid-Afrikaanse swemafrigter aan hom gegee, wat opgemerk het dat Eric in ‘n kortbroek oefen.
Ná Sydney het Eric aanhou swem. In 2004 het hy die 100m vryslag in 56,9s geswem (vergeleke met 1m, 52,72s in Sydney). Twee jaar later het hy ‘n PB van 52,18s (5 sekondes stadiger as die wentyd in Sydney in 2000) behaal en sou vinnig genoeg gewees het vir ‘n goue medalje by die Melbourne 1956 Olimpiese Spele!
Die IOK se “wild card-inisiatief”, wat ontwerp is om sport in ontwikkelende lande te koester, het waarskynlik sukses in Eric se verhaal gevind. Hy het ‘n ikoon vir swem in Ekwatoriaal-Guinee geword, wat nou twee Olimpiese-grootte swembaddens het, en Eric het in 2012 die nasionale afrigter geword.