Erge tropiese storm op pad na Tokio
Die tropiese storm Shanshan beweeg stadig in ‘n noordoostelike rigting oor Japan op pad na die hoofstad Tokio, en het ‘n modderstorting veroorsaak waarin drie mense dood is, treine tot stilstand gedwing is en ondergrondse tonnels tot oorlopens toe vol water gelaat is. Nog ses storm-verwante sterftes is aangemeld en minsters 125 mense is beseer. Weerkundiges waarsku teen stortreën wat hulle vergelyk met ‘n waterval in groot stede soos Osaka en Tokio. Die storm was aanvanklik ‘n tifoon en het Japan Donderdag getref. Dit het sedertdien verswak maar omdat dit so stadig beweeg is die reën intens en val dit vir lang tye oor ‘n redelike groot gebied.