Erge hitte raak ongebore babas – studie

Navorsers by die Wits-universiteit sê klimaatsverandering hou groter gevare vir ongebore babas in as wat voorheen vermoed is. Dit kan selfs hulle gesondheid en welstand later in hul lewens beïnvloed. Klimaatsverandering is moontlik een van die grootste probleme vir openbare gesondheid in menseheugenis. Professor Matthew Chersich en navorsingsklinikus, Darshnika Lakhoo, sê die uitwerking van hitte op die ongebore baba kan op vele maniere voorkom. Dit sluit in dat die ma sukkel met siektes soos pre-eklampsie en diabetes, en die toenemende gevaar van te vroeë geboortes en ander probleme tydens geboorte.