Erge brand sluit Kaappunt
Die bestuur van die Tafelberg Nasionale Park het besluit om die Kaap van Goeie Hoop- en die Kaappunt-gedeeltes van die park as voorsorgmaatreëls te sluit weens die brande by Simonstad wat voortwoed. Hulle sê hulle is bekommerd oor die gevaar wat dit vir besoekers inhou. ‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, Lauren Howard, sê paaie langs die Simonstad-hoofpad en Plateau-weg is gesluit en raak toegang na die gebied in albei rigtings.