Erfenisweek op Swakop herdenk
Namibiese Erfenisweek 2023 word van 18 tot 24 September gevier. Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur herdenk elke jaar die land se erfenis as deel van hul verbintenis om trots in Namibië se kulturele diversiteit te bevorder. Die amptelike bekendstelling van die tema van vanjaar se Erfenisweek vind om tien-uur Donderdagoggend by die Woermannhuis-kunsgallery op Swakopmund plaas. Nadine Phiri, van Wetenskaplike Vereniging op die kusdorp, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…