Erasmus lei Namibië by IKR T20 Wêreldbeker

Krieket: Gerhard Erasmus is as kaptein aangewys in Namibië se groep vir volgende maand se IKR T20 Wêreldbeker, met JJ Smit as onderkaptein. Erasmus lei ‘n ervare groep wat vir die negende T20 Wêreldbeker gekwalifiseer het na ‘n onoorwonne lopie by verlede jaar se Wêreldbeker Afrika-kwalifiseerder. Twaalf van die 15 spelers wat aan kwalifisering deelgeneem het is weer in die groep, maar die veelsydige Nicol Loftie-Eaton is weggelaat. Namibië is in Groep B in wat hul derde agtereenvolgende verskyning by die T20-Wêreldbekertoernooi sal wees. Hulle kom op 2 Junie teen Oman te staan in Barbados, met verdere wedstryde teen Skotland, Australië en Engeland. Die toernooi word gesamentlik deur Amerika en die Wes-Indiese Eilande aangebied.