Equiano ondersese kabel bring goedkoper, vinniger internet

Paratus vier vandag ‘n mylpaal as die landingsvennoot wat vandag die Equiano ondersese kabel in Namibië geaktiveer het. Paratus sê dit verseker verbeterde en goedkoper konnektiwiteit na Namibië en die breër SAOG-streek. Equiano, met sy landingspunte in Lissabon, Benin, Nigerië, St. Helena, Namibië en Suid-Afrika, sal nuwe ekonomiese geleenthede regdeur die streek te skep. Die Equiano ondersese kabel bied ongeveer 20 keer meer kapasiteit as bestaande kabels wat Europa met Suid-Afrika verbind. Die uitvoerende hoof van die Paratus-groep, Schalk Erasmus het sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.