Equal Rights Namibia reageer op Ghana se anti-gay wet

Ghana se parlement wat ʼn omstrede wetsontwerp teen gay mense aanvaar het, bly in die nuus. Die wetsontwerp oor seksuele regte en gesinswaardes stel tot drie jaar tronkstraf voor vir mense wat skuldig bevind word dat hulle as LGBT identifiseer. Dit stel ook tronkstraf van tot vyf jaar voor vir die vorming of befondsing van LGBTQ-plus-groepe. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Omar van Reenen, stigter van Equal Rights Namibia, wat sê dat hulle as ‘n LGBTQ+-gemeenskap sal oorwin, maak nie saak wat nie.