Equador: Veiligheidsmagte ontplooi om aanvallers vas te trek

‘n Groep gewapende mans het minstens nege mense in die Esmeraldas-provinsie in Equador aan die Columbiese grens doodgeskiet. Dié gebied is berug vir misdaadbendes se gewelddadige gevegte om beheer oor dwelmhandelroetes te bekom. ‘n Noodtoestand is verlede maand in Esmeraldas afgekondig, weens hoë vlakke van misdaad en geweld. Equador se minister van binnelandse sake sê sowat 30 aanvallers het per boot in Esmeraldas aangekom en op omstanders losgebrand. Meer as 1 500 lede van die veiligheidsmagte is ontplooi om die aanvallers vas te trek.