EPRA reageer skerp op Amerikaanse ‘aanvaarding’ van NEEEF

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging het sy skok uitgespreek oor die ondersteuning wat die Amerikaanse adjunk minister vir Afrika-aangeleenthede Akunna Cook vir NEEEF uitgespreek het. Cook het die regering tydens haar besoek saam met Amerikaanse sakelui, aangemoedig om so spoedig as moontlik NEEEF te finaliseer en te implementeer om Amerikaanse beleggings te lok. Die NEEEF dokument is steeds uiters kontroversieel. Eben de Klerk van EPRA sê hy het die vereniging se analise reeds met die Amerikaner gedeel en wag op terugvoering.