Entstof: ryk lande het ‘n miljard meer as nodig aangekoop

Die Wêreldbank sê die versnelde ontwikkeling en lewering van entstowwe om die verspreiding van Covid-19 te beheer, moet wêreldwyd voorkeur kry. ‘n Ondersoek deur ONE’s Policy het bevind dat die wêreld se rykste lande saam ‘n miljard méér dosisse gekoop het as wat nodig was vir hulle burgers. Die res van die wêreld kon slegs 2,5 miljard dosisse bekom. Muhammad Pate van die bank sê entstowwe moet op ‘n billike manier beskikbaar wees: