Entrepreneurs voltooi besigheidsprogram

Die Stad Kaapstad het hande gevat met sy vennoot in die tegnologiebedryf, UVU Africa, voorheen bekend as die Kaapse Innovasie- en Tegnologie-inisiatief. Altseaam 24 entrepreneurs is gehelp om die Youth in Business-program te voltooi wat deur die stad befonds is. Die deelnemers moes ʼn oefenkamp van tien dae bywoon om hulle te help om hul sake-idees te deurdink en die nodige stappe te ontwikkel om hulle sakeondernemings te begin. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê elke deelnemer het geleentheid gekry om die vroeë stadium van hulle sake-idees voor te lê aan gaste uit die openbare en privaat sektor.