Ent teen hondsdolheid, risiko verhoog wanneer dit droog is

Die risiko vir hondsdolheid verhoog wanneer dit droog is en jaarlikse inenting teen hondsdolheid is volgens wet verpligtend in Namibië. Daar is geen verskoning om nie troeteldiere teen die hoogs oordraagbare en dodelike siekte in te ent nie, want die entstof word dikwels gratis aan staatsveeartseny-klinieke en privaat praktyke verskaf. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartseny-kliniek het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.