Ent jou troeteldiere in teen hondsdolheid!

Die landbouministerie se intentingsveldtog teen hondsdolheid het begin en troeteldier-eienaars word aangemoedig om van vandag af tot 28 Junie hulle diere in te vat vir die spuit. Dit is gratis. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Theuns Laubscher van die Windhoek Veeartsenykliniek gepraat. Hy sê die inenting is uiters belangrik.