Enoch: SA moet munt slaan uit Brics

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê Suid-Afrika sal moet munt slaan uit die sukses van die 15de Brics-beraad om die land se ekonomie te laat groei. Die beraad het in Johannesburg, geëindig. President Cyril Ramaphosa het beklemtoon die Brics-vennootskap is ‘n katalisator vir globale groei en ontwikkeling wat reageer op die behoeftes van alle nasies. Godongwana sê die onderhandelings oor uitleen en handeldryf in plaaslike geldeenhede deur die Nuwe Ontwikkelingsbank is belangrik.