Enoch moet township-groei prioritiseer

Build One South Africa vra die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om township ekonomiese groei te bespreek in sy begrotingsrede. BOSA bepleit ‘n omvattende plan om die ekonomie op te hef, werk te skep en lewenstandaarde te verbeter. Die party-leier, Mmusi Maimane, het hierdie week entrepreneurs van Soweto ontmoet om hul behoeftes te bespreek, wat gelei het tot aanbevelings vir Godongwana. Voorstelle sluit in, infrastruktuurverbeterings, township spesiale ekonomiese sones, en mentorskap-programme. Maimane sien townships as ekonomiese spilpunte met die regte omgewing vir ekonomiese groei: