Enoch gee geld om SA van gryslys af te kry
Die Suid-Afrikaanse finansminister, Enoch Godongwana, het oor die medium termyn 265 miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Finansiële Intelligensiesentrum toegewys om Suid-Afrika van die gryslys te kry. Die Finansiële Aksietaakspan het die land in Februarie op die gryslys geplaas omdat hy nie genoeg doen om geldwassery en die finansiering van terrorisme te keer nie. Hy het gister die Tesourie se begroting van 34,9 miljard rand vir die 2023/2024-boekjaar in die Parlement ter tafel gelê. Godongwana sê die plasing op die gryslys en die rand se skerp daling die afgelope week het ‘n groot uitdaging vir sy departement geskep: