Enkelouers wat met jong kinders reis het brief nodig

Die binnelandse sake-ministerie vereis dat enkelouers wat met minderjarige kinders oor die grens reis, ‘n toestemmingsbrief van die ander ouer by hulle moet hê. Dit is deur die binnelandse sake adjunk-minister Lucia Witbooi tydens die kabinetskomitee-inligtingsessie in die hoofstad aangekondig. Oor wat gebeur as die ouer nie kontak het met die ander ouer nie, antwoord Witbooi: